Search


OPERA


Sneeuwitjie

Sneeuwitjie

’n Afrikaanse pantomime

Author: San Mari/01 May 2018/Categories: Opera, Festival, Kids, Main Artistic Program

Rate this article:
3.9

Event date: 2018-07-21 08:00 PM - 2018-07-29 03:00 AM Export event

BESPREEK NOU

Datum: 21 - 29 Julie 2018
Tyd: 20:00
Plek: Opera Teater
Kaartjies: R80 - R160


Vanaf 21 – 29 JULIE 2018 leef die fantasie-wêreld van sprokies en romanse by die STAATSTEATER waar die klassieke verhaal van SNEEUWITJIE op die Opera-verhoog uitspeel as ’n Afrikaanse pantomime – aangebied deur die AFRIKAANSE HOëR MEISIESKOOL (AHMP). Vars op die hakke van hulle uitmuntende weergawe van BEAUTY AND THE BEAST gaan hierdie produksie verseker ook ’n treffer wees!

AHMP se SNEEUWITJIE spog met meer as 80 leerlinge op die verhoog, sowel as 80 leerlinge in die orkes – onder leiding van die gesogte EDDIE CLAYTON as Musikale Regisseur en FERDINAND GERNANDT as Regisseur. Hierdie is nie sommer net enige skoolproduksie nie, dis ’n gróót produksie wat unieke gestalte gee aan die tydlose vraag “Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die mooiste in die land?”

So kry jou kaartjies sommer vandag nog en bring die hele gesin na ’n wonderwêreld van klank en kleur wat kinders sal betower, en grootmense weer soos kinders sal laat voel!

 

Number of views (2313)/Comments (0)

Tags:

Please login or register to post comments.

brazzers porno