Search
 

 FEATURED

 
Die reuk van appels

Die reuk van appels

deel van ons afrikaans seisoen

Author: San Mari/31 May 2017/Categories: Drama, Main Artistic Program

Rate this article:
5.0

Event date: 2017-09-01 08:00 PM - 2017-09-24 03:00 PM Export event

BESPREEK NOU

Datum: 1 - 24 Sept
Tyd: 20:00 en matinees
Plek: Momentumteater

Ouderdomsbeperking: 16 SNTGV

Die lewe is snaaks, mooi, kosbaar, onverstaanbaar en vreeslik. Dit is die somer van 1973. Apartheid floreer te midde van toenemende kritiek vanuit internasionale gemeenskappe teenoor Suid-Afrika. Boonop broei daar onrus op die Angolese grens. Elfjarige Marnus en sy beste vriend, Frikkie, is salig onbewus van die sake wat die grootmense kwel. Hulle stel meer belang in visvang en walvisse en aanvaar die verdeling van landsburgers volgens velkleur as 'n gegewe. 

Marnus lei ‘n oënskynlik eenvoudige en gelukkige lewe: sy pa is ‘n generaal-majoor in die Suid-Afrikaanse Weermag en sy ken is heeltemal vierkantig; sy ma is baie musikaal en vir hom die mooiste vrou in die wêreld; sy ouer en meer liberale suster is slim, al irriteer sy hom soms; en hul kleurlinghuishulp, Doreen, gaan eendag hemel toe omdat sy nie suiker steel nie. Tog word hy blootgestel aan die kompleksiteit van internasionale politiek as 'n generaal van Chile vir 'n tyd by sy gesin kom kuier. 

Weldra word Marnus gekonfronteer met vrae oor menswees en manwees, oor wat reg en verkeerd is. ’n Skokkende ontdekking breek deur die oppervlakte van sy alledaagse bestaan om alles onherroeplik te verander. Vanaf daardie beslissende oomblik sal die reuk van appels bly kleef aan alles wat Marnus raak. 

DIE REUK VAN APPELS is gegrond op Mark Behr se veelbekroonde en opspraakwekkende roman. Dit lê die Afrikaner-psige van die sewentigs op 'n merkwaardige en getroue wyse bloot deur die oë van ‘n kind. Die roman is genomineer vir die internasionale Man Booker-prys, het verskeie plaaslike en internasionale toekennings ontvang en word beskryf as ’n baken in die Afrikaanse letterkunde.

OOR DIE KREATIEWE SPAN

Gideon Lombard maak met DIE REUK VAN APPELS sy solodebuut. Hy is vir sy rol in dié produksie aangewys as Beste Akteur tydens die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) 2017 se jaarlikse Kanna-toekennings.

Gideon is bekend vir sy rol in die Kyknet-sepie Suidooster en ook vir sy uithalerverhoogwerk. Van die hoogtepunte in sy loopbaan sluit in ...miskien (met Albert Pretorius), waarin hy gespeel het en ook medeskrywer was. Die produksie is wêreldwyd al meer as 100 keer opgevoer en vir sy rol is Gideon genomineer as Beste Akteur by die Aardklop Kunstefees. 

In 2012 word hy een van 'n handjievol akteurs in die geskiedenis van die Fleur du Cap-teatertoekennings wat vir beide Beste Akteur (The View) en Beste Byspeler (Special Thanks to Guests From Afar) in dieselfde jaar genomineer word. Ander onlangse teaterhoogtepunte sluit in Moeder Moed en Haar Kinders, Wie Drink Wat, Bidsprinkaan, The Graveyard en David Kramer se Orpeus in Africa. Onlangse filmwerk sluit in Lien se Lankstaanskoene, Jimmy in Pienk, Twee Grade van Moord, (Gamechangers met Daniel Radcliffe) en die internasionale reeks Black Sails (The History Channel)


Lara Bye is een van Suid-Afrika se mees gerekende verhoogregisseurs. Sy is bekend vir onder meer haar regie van Yellowman, Oscar en die Pienk Tannie (met Sandra Prinsloo) en London Road – die mees sukselvolle produksie in die geskiedenis van die Nasionale Kunstefees in Grahamstad se Fringe Festival.

DIE REUK VAN APPELS word aangebied deur die Suid-Afrikaanse Staatsteater in samewerking met Theatrerocket.

WAT DIE MEDIA SÊ:

“Lombard oorrompel algeheel as die jong Marnus wat met sy netjiese voorkoms – die kouse word kort-kort tot onder die knieë opgetrek en die skoolhemp reggepluk om die skouers – en onbeskroomde vertellings die gehoor deel maak van sy wel en wee.” – Marina Gribenow, Krit

“Behr is geniaal in sy keuse van ’n 11jarige om al dié temas oor te dra. Sodoende kom dit meer argeloos en ontvanklik by die gehoor uit vir wie dit bedoel is, maar vergroot ook die impak daarvan soveel te meer omdat dit ’n kind is wat die geweld van die spreekwoordelike voorhamerhoue moet verduur.” – Marina Gribenow, Krit

"DIE REUK VAN APPELS was die belangrikste stelling oor die intieme verhouding tussen manlikheid en politieke verandering voor JM Coetzee se Disgrace ons bekend gestel het aan 'n nuwe, depressiewe, verslane vorm van manlikheid." – Mia Swart, Mail & Guardian

"Behr skep ’n liriese en onvergeetlike kinderverteller en ’n verhaal wat (Amerikaanse) lesers insig gee waarom soveel jong Suid-Afrikaners saam begin afbreek het aan die strukture waaraan hulle voorouers ’n leeftyd lank gebou het." – Tony Eprile , New York Times

"Wanneer die politici en ander hooggeplaastes op die waarheidskommissie dien, is dié boek verpligte leesstof terwyl hulle worstel om die seil van Suid-Afrika tydens die apartheidsera te deurgrond." – City Press


TOEKENNINGS
Die roman is in nege tale vertaal, insluitend Engels, Chinees, Portugeus, Hebreeus en Duits. Dit het onder andere die volgende pryse ontvang:
Eugene Marais-prys
CNA Letterkunde-toekenning vir die beste debuut
M-Net Prys
Art Seidenbaum toekenning deur die Los Angeles Times
Betty Trask-toekenning vir die beste debuut in die Verenigde Koningkryk
Genomineer vir die Guardian-prys 
Genomineer vir die internasionale Man Booker-prys

Gideon Lombard het by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) 2017 die Kanna-toekenningontvang vir Beste Akteur vir sy rol as Marnus in DIE REUK VAN APPELS.


Number of views (400)/Comments (0)

Tags:

Please login or register to post comments.

 

 COMEDY

 
#COMEDYLiveNights present Tips n friends
Comedy

#COMEDYLiveNights present Tips n friends

BOOK NOW

Monthly #COMEDYLiveNights at State Theatre brings you monthly comedy shows to our Rendezvous Theatre

Read more
 

 DANCE

 
 

 DRAMA

 
Theatre Trade Fair
Drama, Incubator-Program

Theatre Trade Fair

For the first time in South African theatre history the country’s six state-funded Performing Arts Institutions (PAI’s) will come together Read more
Die reuk van appels
Drama, Main-Artistic-Program

Die reuk van appels

BESPREEK NOU Die reuk van appels is gegrond op die gelyknamige, veelbekroonde roman van Mark Behr en word beskou as 'n literêre baken wat die Afrikaner-psige van die sewentigs en tagtigs op 'n merkwaardige en getroue wyse blootlê.  Read more
 

 FESTIVALS

 
Youth Expressions Festival 2017
Festival

Youth Expressions Festival 2017

DOWNLOAD THE PROGRAM

Our annual Youth Expressions Festival will be running from 16 - 30 June 2017

Read more
 

 CONCERT

 
Elvis Blue
Concert, Main-Artistic-Program

Elvis Blue

BOOK NOW

Elivis Blue has album sales in excess of 350 000, multiple Top Ten radio singles, and more than 700 live performances Read more
 

 MUSICALS

 
Marikana The Musical
Musical, Main-Artistic-Program

Marikana The Musical

BOOK NOW

MARIKANA - THE MUSICAL is an award winning adaptation by Aubrey Sekhabi  Read more
 

 OPERA

 
 

 KIDS

 
 

 POETRY

 
 

 JAZZ

 
songs & rhythms
Jazz, Rendezvous-Program

songs & rhythms

BOOK NOW

Monthly jazz performances to soothe the soul.

Read more